Verken Durbanville se beste koswaens!
Welkom by Koswa, jou gids tot die beste plaaslike koswaens in Durbanville.
Hierdie blad is daaraan gewy om inligting oor koswaens (food trucks) en koswaentjies in die Durbanville-omgewing te deel, te ondersteun en te ontdek.
Ons doel is om ’n lekker sentrale punt te skep waar mense vinnig kan sien watter koswaens waar gaan wees – of dit nou ’n mark, fees of informele byeenkoms is.
Dus, ontdek waar en wanneer jou gunsteling koswaens beskikbaar is, en hoe jy hulle kan bespreek vir jou volgende geleentheid. Sluit aan by ons gemeenskap en ondersteun hierdie plaaslike entrepreneurs.
Laat weet as jy ’n koswa het en graag op die blad gelys wil word!
Welkom by die gemeenskap, welkom by Koswa!
